OUDTSHOORN NUUS - Rangers-rugbyklub van Dysselsdorp het onlangs 'n groot hupstoot gekry toe verskeie plaaslike besighede hulle met nuwe toerusting geborg het. Armand Magerman, borgkoördineerder van Rangers, het die borge vir die klub gewerf.
Volgens hom het Queens Apteek, Gilbert-rugbyballe geborg, Strydom Begrafnisdienste het opwarmingsfrokkies geskenk en Klein Karoo Agri, het 'n stel truie geborg en Build it het 'n splinternuwe telbord geborg.
Die opwarmingsfrokkies is gewerf deur WM Muller.
Die bestuur en spelers van Rangers RFC is dankbaar vir die ondersteuning en het beloof om die klub se naam met trots op en van die veld af te dra.
"Ons is ongelooflik dankbaar vir elke besigheid wat bereid was om in ons span te belê. Hierdie ondersteuning gee ons 'n gevoel van erkenning en motivering om nog beter te presteer," sê Magerman.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’