STILBAAI RUGBY NUUS - Bertie Barnard se sportdag het verlede Saterdagoggend in gietende reën afgeskop en volgens die skoolhoof, Nicky Deetlefs, het hulle dit selfs oorweeg om die dag af te las.
Maar met die ander skole wat sover as Durbanville en Worcester gekom het, het hulle maar deurgedruk.
Die weer het later opgeklaar en net sulke sagte reënbuitjies het die deelnemers en ouers vir die res van die dag getreiter.
Die pannekoek- en koffiestalletjies is uiteraard druk besoek.
Laerskole wat deelgeneem het, was Bertie Barnard van Stilbaai, Volschenk van Riversdal, Vorentoe van Groot-Brak, Van Wyksdorp, Eversdal van Durbanville, Totius van Boston, VRT PITT van Swellendam, Heidelberg en Hexvallei by Worcester.
FOTOGALERY: Sportdag by Bertie Barnard
Ten spyte van die weer en is daar deurlopend pragtige rugby en netbal in 'n goeie gees gespeel.
Jy gaan nêrens heen nie.
Só moet 'n mense mos jou tenstander plattrek.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'