Hardus Coetzee, Juandré Fourie, Cobus Neethling en Coenraad van Rooyen draf almal uit vir Oudtshoorn-rugbyklub.
Die span is slaggereed vir die komende reeks na hul oorwinning oor die Oostelike Provinsie. SWD het die opwarmingswedstryd, verlede Woensdag op Loeriepark in Knysna, met 13-7 gewen na `n halftydvoorsprong van 10-0.
Die ander spelers in die groep is:
N Billy (Maoris), B Booysen (Ladismith), J Cornelius (SWD-akademie), L Dube (SWD-akademie), JP Ellard(Mosselbaai), H Fielies (Mosselbaai), Fizell Fredericks (Bonnivale United), N Gogela (SWD-akademie), K Heyns (Progress), A James (SWD-akademie), B Jantjies (Riversdal Blues), C Joseph (SWD-akademie), Bradley Jumaats (SWD-akademie), B Mene (Blanco), A Ntsile (SWD-akademie), F Pietersen (Heidelberg), L Poje (SWD-akademie), L Rhode (SWD-akademie), A Salie (SWD-akademie), R Salie (SWD-akademie), M Sam (Blanco), N Scott (Silver Stars), D Snell (SWD-akademie), R van der Vindt (Mosselbaai) en G Vaaltyn (Evergreens). Die span se hoofafrigter is Deon Davids en Darrel Coeries is die hulpafrigter. Die spanbestuurder is Perez Julyan. Sammy October is die mediese beampte en die waarnemende hulpafrigter is Ronzio Merrington.

Die SWD o.21-groep spog met verskeie plaaslike spelers. Die span het verlede Woensdag koning gekraai teen die OP ter voorbereiding vir die komende Curriebekerreeks. Foto: Verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'