OUDTSHOORN SPORTNUUS - Oudtshoorn-rugbyklub se A-span het die afgelope naweek vir Calitzdorp in 'n SWD Eerste liga B Oos-wedstryd by Calitzdorp-sportstadion oortuigend met 30 - 10 geklop.
Hul B- span was ook aan die wenkant met 'n telling van 17 - 10.
Vir die A-span het Ruan Tolken, Jaco Marx, Anru Tolken en Ronwin Plaatjies agter die pale gaan kuier. Ronald van de Wetering was suksesvol met twee strafskoppe.
Een van Calitzdorp se spelers word hard na Moeder Aarde gebring. Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’