OUDTSHOORN NUUS - Die afgelope naweek is nie minder as vier van Oudtshoorn se toprugbyspanne met die kous oor die kop huis toe gestuur.
Bridgton-rugbyklub, die enigste van die vier wat in die SWD Premierliga speel, se A-span is behoorlik met 34 - 12 deur George-rugbyklub op die Bridgton-sportterrein afgeransel.
Die manne in maroen se B-span het ook met 22 - 12 in die hek geduik met slegs die C-span wat met 13 - 12 hond haaraf kon maak.
In die Presidentsliga het All Blacks se A-span vir die tweede agtereenvolgende week met minder as drie punte (13 - 10) verloor - nietemin steeds 'n verloor.
Collegians het op hul beurt teen Knysna United op die Bridgton-sportterrein met 22 - 17 vasgeval terwyl Springroses in Riversdal deur Riversdal Blues-rugbyspan met 26 - 24 pakgegee is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'