OUDTSHOORN NUUS - Na nog 'n naelskraap verloor, beklee Bridgton se eersterugbyspan nou die sewende plek met 26 punte uit 10 spanne op die SWD Premierliga se punteleer. Hulle kon sover slegs vier van hul 11 wedstryde wen.
Progress is met 45 punte die voorlopers. Bridgton het Saterdag 9 Junie met 26-29 teen Crusaders die onderspit gedelf. Crusaders het sover ses van hul 10 wedstryde gewen en beklee die sesde plek op die punteleer.
Wayne Claasen, Arden Wesso en Layle Delo het Crusaders se drieë gedruk. 'n Strafdrie is ook aan hulle toegeken. Henry Wolhuter het twee van die drieë verdoel.
Bradwin Wanies, Wayne Julies, Lee Marco Pietersen en Llyle Metembo het Bridgton se drieë gedruk. J P Duvenhage en Gino van Vuuren het elk met 'n strafdoel geslaag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'