RUGBY NUUS - Arrows-rugbyklub het Saterdag in hul wegwedstryd teen Riversdal-dorp daarin geslaag om die tuisspan net-net met 13 - 12 te troef.
Die rustydtelling in die SWD Eersteliga se wedstryd was 9 - 5 in Riversdal se guns.
Dit het vanaf die afskop geblyk dat Riversdal met hul swaarder pak voorspelers die wedstryd gemaklik sou oorheers, maar die besoekers was ná rustyd 'n veel verbeterde span.
Die wedstryd het sporadies baie mooi rugby opgelewer, maar goeie verdediging aan albei kante het verhoed dat drieë maar skaars was, met net Arrows wat twee drieë kon druk.
Vir Riversdal het Fernando Pietersen (senter) vier strafskoppe oorgeklits.
Vir Arrows het Timothy van Wyk (senter) en Joe-Hansen Jacobs (regtervleuel) elk 'n drie gedruk, terwyl Benito Pieters (losskakel) met 'n strafskop geslaag het.
In die wedstryd tussen die B-spanne het die besoekers ook as oorwinnaars met 19 - 12 uit die stryd getree, nadat hulle rustyd met 7 - 5 voorgeloop het.
Arrows se puntemakers was Aubrey Hopp, (linkervleuel), Edwin Esau, (plaasvervangerhaker), en John Michaels, (losskakel), wat elkeen 'n drie gaan druk het. Michaels het ook twee drieë verdoel.
Vir Riversdal het Reagan Paulsen, slot, en L Prins, linkervleuel, elkeen 'n drie gedruk met J O'Connor, heelagter, wat een verdoel het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'