OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het Dinsdag 11 Junie by die ou raadsaal bekendgemaak dat hulle meer as R250 000 vir plaaslike sportlui bewillig het.
Die begunstigdes van die verskillende sportkodes was teenwoordig tydens die bekendmaking.
Burgemeester Chris Macpherson het in sy toespraak gesê dat hy trots is op die sportlui en dat dit sy wens is dat die geld tot voordeel sal wees vir volgehoue ontwikkeling.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’