OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Bridgton-rugbyklub se nuutaangestelde afrigter, Glen Klaas, het bedank.
Dit net ses dae voor die eerste SWD Super A-liga wedstryde afskop.
Tydens 'n onderhoud met die Oudtshoorn Courant, het Klaas gesê hy het hierdie drastiese stap geneem as gevolg van verdeeldheid in die bestuur en interne politiek.
Hy is in Januarie vanjaar eenparig deur Bridgton-rugbyklub se nuwe bestuur as hoofafrigter van die klub aangestel.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'