HEIDELBERG RUGBY NUUS - Heidelberg het Saterdag 2 September vir Barbarians van Mosselbaai in hulle agterplaas gaan pakgee en die wedstryd met 26 - 24 gewen.
Goeie rugby deur Heibi het aan hulle 'n bonuspunt besorg, maar met tye moes hulle hier teen die einde met alle mag walgooi om die een deur te trek.
Die B-Span moes ongelukkig die knie buig en het met 7 - 32 verloor. Die C-Span het ook met 5 - 27 verloor.
Heidelberg het saam met Crusaders gekwalifiseer om vanjaar in SA Rugby se Gold Cup mee te ding en hulle eerste wedstryd is teen die sterk span van Valsbaai in Kaapstad.
Heidelberg, julle is Hessequa se vlag-draer en alle sterkte word julle toegewens om te presteer in hierdie gesogte klubtoernooi.
Hughan Meyers van Heidelberg met die bal.
Jason Liebenberg van Heidelberg breek los vir sy drie.
Heidelberg se kaptein, Lindon Hartnick, met die bal onder sy arm.
Foto's: Heinrich Fortuin
Heidelberg het gekwalifiseer om vanjaar in SA Rugby se Gold Cup-klubtoernooi deel te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’