OUDTSHOORN RUGBY NUUS - Harlequins se eerste span het met 19-12 vir All Blacks op die infanterieskool se rugbyveld gewen.
Saterdag 16 Junie se rustydtelling was 19-5.
Johan van der Mescht, president van Harlequins, het na die wedstryd gesê hy is baie positief oor sy span se spel.
"Hulle vertoon beter as in die eerste reeks wedstryde en speel met meer selfvertroue."
Vir Harlequins het Hyran Albert en Ralph Witbooi elk 'n drie gaan druk. Lecle Barnard het met twee strafdoele geslaag en Jean Dido het een oorgeskop. Harlequins se tweede span het ook met 17-6 gewen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'