OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Harlequins-vrouerugbyklub nooi alle vroulike rugbysplers uit om by die klub aan te sluit.
Die SWD -vrouerugbyliga skop amptelik op 13 Maart af met die jaarlikse Paasnaweek-rugbytoernooi wat daarna op 10, 11 en 12 April sal volg.
Die klub wil graag 'n volsterkte en voltallige span vir hierdie wedstryde in die veld stoot.
Selfs belangstellendes wat nog nooit voorheen rugby gespeel het nie word aangemoedig om op te daag vir oefeninge wat elke dag vanaf 18:30 tot 20:00 by die weermagbasis se oefenvelde sal plaasvind.
Vervoer is is elke dag beskikbaar vanaf die Toekomsrus-toring om voornemende spelers op te laai.
Kontak Jan Plaatjies by 073 183 5277 om vervoer reëlings te tref.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'