OUDTSHOORN NUUS - Harlequins-rugbyklub se A-span het die afgelope naweek in 'n rugbyderby vir Collegians in 'n SWD Eersteliga-Oos-wedstryd by die Bridgton-sportterrein met 31 - 7 geklop. Die rustydtelling was 14 - 7 in Harlequins se guns.
Harlequins se puntemakers is as volg:
Glenwill Lewis, Keanin Esau en Peter Mars het elk een drie gedruk.
Esau was suksesvol met vier verdoelde strafskoppe asook een doelskop. Gino van Vuuren was in die kol met een doelskop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’