OUDTSHOORN NUUS - Rugbyondersteuners was verlede Saterdag getrakteer met 'n drieëfees in die SWD Super A-ligawedstryd tussen Mosselbaai Barbarians en Harlequins Magte wat by die Infanterieskool se sportterrein gespeel is.
Dié opwindende wedstryd is uiteindelik met 48 - 41 deur Harlequins gewen. Baabas was voor die wedstryd die voorloper op die algehele punteleer terwyl Harlequins slegs die 12de posisie beklee het na twee wedstryde.
Dit was duidelik dat die tuisspan deur die groot skare aangevuur was en het hulle in die eerste helfte soos 'n koeël uit 'n geweer weggespring om Baabas van meet af aan onder druk te plaas.
Harlequins se jong spelbreker, Jaylen Pretorius, het weereens beïndruk met sy hardlooplyne en spoed waarmee hy geskakel het met die agter- en voorspelers.
Sy giftige skopvoet tesame met 'n kommerkoel-mentaliteit maak hom definitief een van Harlequins se groot fondse die afgelope twee seisoene.
Lees meer in hierdie week se uitgawe van die Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’