OUDTSHOORN NUUS - Saterdag se rugbywedstryde op die weermagbasis se gronde het beslis nie teleurgestel nie. Dit was ’n dag gevul met aksie, opwinding en toeskouers wat tot die laaste sekonde op die punte van hul stoele gesit het.
Harlequins en Heidelberg RFC het mekaar met vasberadenheid en vaardigheid die stryd aangesê in drie intense wedstryde.
Al drie spanne het gewys waartoe hulle in staat is, met Heidelberg wat twee van die drie wedstryde gewen het.
A-span: Harlequins 27 - 29 Heidelberg
B-span: Harlequins 23 - 12 Heidelberg
C-span: Harlequins 13 - 36 Heidelberg
Jaylin Pretorius is aangewys as Harlequins se man van die wedstryd ná ’n indrukwekkende vertoning in die A-span se wedstryd.
Blaine Willemse en Craig Blaauw het ook hul staal gewys en daar is ook verwys na hul flink en aanskoulike spel.Die span reis aanstaande Saterdag na Mosselbaai waar hulle die Barbarians te staan kom - ’n ontmoeting waarna uitgesien kan word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’