RUGBYNUUS - Groot rugby wag Saterdag 20 Augustus vir rugbyliefhebbers by die Bridgton-sportterrein wanneer die Oudtshoorn Rugby Landelike Rugbyvoetbalunie se halfeindstryde gespeel sal word.
Kavaliers (Groot Kraal) sal om 14:30 teen Rebels (Kruisrivier) te staan kom waarna Lategansvlei vir Blue Birds (Welbedaght) sal pak.
Verversings sal verkoop word. Die wenners sal op 27 Augustus in die finaal op Outeniqua Park in George speel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'