OUDTSHOORN RUGBY NEWS - All Blacks is terug in die Presidentsliga se eerste posisie na 'n goeie oorwinning van 24-10 teen die span van Oudtshoorn.
Die rustydtelling was 7-3 in All Blacks se guns.
Oudtshoorn het aanvanklik goeie rekenskap van hulself gegee en All Blacks tot diep in die tweede helfte in toom gehou.
Twee vinnige drieë het egter die wind uit Oudtshoorn se seile geneem.
Die regtervleuel, Nathan Baartman, het eers Oudtshoorn se verdediging aan die slaap gevang en gaan druk. Drie minute later het die slot, Everton Manewil, soos 'n wafferse vleuel, rieme neergelê doellyn toe vir 'n pragdrie. Hendrico Jackson het All Blacks se vierde drie van die wedstryd gedruk.
Uitblinkers vir All Blacks was Manewil, Jackson, Larry Paulse en Jefnie Kiewiets.
Vir Oudtshoorn het hul kaptein, Emile Lamprecht, soos gewoonlik sy hart uitgespeel. Ander uitblinkers vir Oudtshoorn was Nathan Stoffels, Clifton Claassen en Jovani van Vuuren.
Marvin Berry glip deur die gaping.
Lamprecht het Oudtshoorn se drie gedruk. Claassen het geslaag met die doelskop en Fernando Tiemie het 'n strafskop tussen die pale deurgejaag.
Oudtshoorn se tweede span kon daarin slaag om All Blacks met 12-10 te wen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'