OUDTSHOORN NUUS - Die SWD Cravenweek o.18-rugby-span het hul deelname aan die Oudts-hoorn-sportfees goed begin toe hulle Vrydag 15 Junie teen Boland se o.18-Cravenweekspan met 36-34 gewen het.
SWD Cravenweek het egter Saterdag teen WP Cravenweek vasgeval en met 31-56 verloor.
So het die SWD o.18-akademiespan ook Vrydag goed afgeskop toe hulle hul eweknie, Boland, met 34-28 gewen het. Ook hulle het Saterdag vasgeval en teen WP se akademiespan en met 5-28 verloor.
Suidelike-kusstreekspanne, SWD, Boland, OP en WP het aan die toernooi deelgeneem.
Ander SWD uitslae:
Grant Komo o.16
- SWD wen Boland: 22-21
- SWD verloor teen WP: 26-41
- SWD o.18-vyftiental
- SWD wen WP o.18-landelike distriksspan: 29-19
Die o.13 uitslae is:
A-spanne
- SWD: 15 - Boland: 8
- SWD: 12 - WP: 29
- SWD: 31 vs OP: 19
B-spanne
- SWD: 10 - OP: 19
- SWD: 12 - WP: 39
- SWD: 0 - Boland: 39
SWD se o.18 Akademiespan beur hul pad oop deur hul teenstanders.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'