OUDTSHOORN NUUS - Die SWD o. 17-sewesrugbyspan, waarvan Farrel-Leigh Dido, 'n gr. 10-leerder van Langenhoven Gimnasium deel is, het die sewestoernooi gewen. Die span het vanaf 27 tot 28 September aan die toernooi in Bethlehem in die Vrystaat deelgeneem.
Seymour Heunis, die spanbestuurder, sê hulle het hul eindstryd teen die Sharks gespeel.
"Dit was glad nie 'n maklike wedstryd nie, maar ons het gegaan met 'n doel. Ons het by ons eerste oefening 'n woord vir die span aangewys en dit was "attitude" en in die finaal kon ek sien dat die manne "attitude" gewys het."
Heunis sê dit was 'n goeie einde vir die rugbyseisoen en hy sien uit na wat 2025 vir hulle inhou.
Farrel, wat onlangs as onderkaptein vir die SWD in die Grant Khomo-week uitgedraf het, speel ook 15-manrugby.
Die SWD-span waarvan Farrel Leigh Dido deel was.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’