OUDTSHOORN NUUS - Charlston Ewerts, vleuel van die Oudtshoorn-munisipale rugbyspan, is aangewys as die speler wat die meeste drieë in die onlangse SWD Munisipale-uitdaagtoernooi gedruk het.
Die toekenning is na afloop van dié toernooi aan hom toegeken.
Ewerts speel ook vir die plaaslike Bridgton-rugbyklub wat in die elite SWD McFin-liga meeding.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'