OUTSHOORN RUGBYNUUS - Dysselsdorp Rangers-rugbyklub se A-span het verlede naweek in 'n SWD Eerste Liga Oos-wedstryd vir Uniondale United met 34-29 geklop.
Wat hierdie oorwinning indrukwekkend maak is dat Uniondale tans die voorlopers in dié liga is, terwyl Rangers slegs die 10de posisie op die punteleer beklee.
Uniondale se nederlaag is ook hul eerste vanjaar.
Rangers reis die naweek na Calitzdorp vir die begin van tweede rondte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’