SPORTNUUS - Duhan van der Merwe, oudinwoner van George het gisteraand, 29 Oktober, met een van Wêreldrugby se gesogte toekennings weggestap.
Hy is beloon met die toekenning vir drie van die jaar (mans).
Van der Merwe speel deesdae vir Skotland en was voorheen 'n leerder by Hoërskool Outeniqua.
Hy het vroeër vanjaar 'n drie vir Skotland teen Engeland op Twickenham gedruk wat die tonge losgehad het.
*Ofskoon Manie Libbok nie die toekenning as deurbraak speler van die jaar ontvang het nie word dit steeds as 'n groot eer beskou dat hy as een van die finaliste vir die toekenning genomineer was.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’