TUINROETE DISTRIK RUGBYNUUS - Die SWD Arende rugbyspan het ongelukkig vanmiddag sy wedstryd teen Boland in Wellington verloor.
Die eindtelling was 28-21 ten gunste van Boland.
Dit was die Arende se tweede wedstryd in die 1ste divisie van die Curriebekerreeks.
Die wedstryd het kort gelede klaar gemaak. Die Arende het in Junie sy eerste wedstryd teen die Valke met 17-50 verloor. Die twee wedstryde wat daarna moes plaasvind teen die Luiperds en die Valke moes ongelukkig afgestel word as gevolg van Covid-19.
Die Arende se volgende wedstryd is Vrydag (16 Julie) teen Grens Bulldogs op Outeniquapark in George. Die wedstryd begin om 17:00.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'