OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Collegians het Saterdag in 'n SWD Presidents-ligawedstryd op Willowmore teen Willowmore net-net met 42-43 verloor.
Collegians het eerste punte aangeteken toe hul regtervleuel, Danovan le Roux, net na die afskop 'n pragtige individuele drie gedruk het. Die drie is nie verdoel nie. Willowmore se spelers het na hierdie drie eensklaps wakker geskrik en vier vinnige drieë aangeteken.
Collegians het op sy beurt ook nie gaan lê nie en twee pragtige drieë gaan druk, wat die rustyd telling op 24-17 te staan gebring het.
In die tweede helfte het Collegians aanval op aanval op die doellyn van Willowmore geloods, en is hulle met ’n onverdoelde drie beloon.
Diep in die tweede helfte het die spanne weer konstruktiewe rugby gespeel en albei spanne het elkeen nog drie drieë gedruk, wat die eindtelling op 43-42 te staan gebring het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'