OUDTSHOORN NUUS - Collegians-rugbyklub het die afgelope naweek voortgebou op hul wensege, toe hulle hul derde SWD Presidentsliga-wedstryd agtereenvolgende gewen het.
Saterdag het hulle met 21-9 oor All Blacks geseëvier. Hierdie oorwinning volg na Collegians met Beaufort-Wes en Uniondale in hul eerste twee wedstryde afgereken het. Saterdag 31 Maart kom hulle teen Spring Roses te staan.
Die wedstryd het in die eerste 25 minute wipplank gery met drie strafdoele in elke span se guns. Kort voor rustyd het die damwal gebreek toe Collegians twee drieë, waarvan een verdoel was, gaan druk het.
All Blacks is kop onderstebo kleedkamers toe om te hergroepeer. In die tweede helfte was beide spanne se verdediging bankvas en was daar die kans om deur die verdediging te kom nie.
Collegians het egter die wedstryd in styl afgerond en net voor die eindfluitjie geblaas het, 'n skepdoel deur die pale geklits.
All Blacks se klubvoorsitter, Damon Gysman, het na die wedstryd gesê, "All Blacks het net hulself te blameer. Vier geelkaarte is aan hulle uitgedeel wat 'n teken is van swak dissipline.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'