OUDTSHOORN NUUS - Collegians se A-span het die afgelope naweek in 'n Super B-ligawedstryd op die Bridgton-sportterrein vir Silver Stars van George met 15 - 12 geklop nadat hulle teen rustyd met 6 - 0 agter was.
Vir Collegian het Prinshane Carolus (plaasvervanger-agterspeler) en Denton Strydom (heelagter) elk een drie gedruk. Hul skrumskakel, Renaldo Botha, was in die kol met 'n straf- en doelskop.
In George het Bridgton se A-span in 'n Super A-liga-wegwedstryd met 23 - 24 teen Maoris vasgeval. Bridgton se B-span was aan die wenkant met 27 - 17, terwyl die C-span met 13 - 10 verloor het.
Bridgton se volgende wedstryd is komende Saterdag teen Evergreens van George.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'