OUDTSHOORN BUUS - Collegians-rugbyklub se A-span het verlede week in 'n Super B-ligawedstryd vir Prins Albert met 26 - 15 geklop. Die wedstryd is by die Bridgton-sportterrein gespeel.
Dit was 'n klipharde wedstryd waar albei spanne mekaar opgekeil het. Aan die begin het die swaar pak van Prins Albert die skrums oorheers, maar met die verloop van die wedstryd het Collegians se pak voorspelers stadig, maar seker die oorhand begin kry.
Dit was 'n klipharde wedstryd waar beide spanne geen genade betoon het nie.
Die skeidsregter, John Mc Duling, het die wedstryd goed hanteer, aangesien dit sy eerste groot wedstryd was waarin hy opgetree het. Collegians se B-span was ook met 20 - 15 aan die wenkant.
Collegians se volgende wedstryd is Saterdag 18 Mei teen Knysna United in Knysna.
Die puntemakers was Mercayven le Roux wat twee drieë gedruk het. John Jess en Adrian Lakay het elk een keer onder die pale gekuier. Hedley Koelman slaag met drie doelskoppe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’