OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Collegians se A-rugbyspan het hul seisoen op 'n hoë noot afgesluit toe hulle in 'n SWD Presidentsliga wedstryd Adias op die Bridgton-sportterrein met 34-33 geklop het. Die rustydtelling was 19-16 in Collegians se guns.
Dit was 'n harde wedstryd waar albei spanne die bal rond gegooi het en agter- en voorspelers in die oop spasie gedy het.
Adias het met een minuut se speeltyd oor met 33-30 voorgeloop. Collegians se heelagter, Prinshane Carolus het egter met die laaste beweging van die wedstryd 'n skepskoppoging pale toe geloods wat hoog deur die pale gevlieg het wat aan Collegians 'n dramatiese oorwinning besorg het.
Albei spanne se afrigters kan tevrede voel met hul spanne se vertonings vanjaar en kan opgewonde uitsien na die 2020 rugbyseisoen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'