OUDTSSHOORN NUUS - Bridgton-rugbyklub het Vrydagaand hul jaareindfunksie by die banketsaal aangebied en verskeie spelers is tydens die spesiale geleentheid vereer.
Die klub het 'n goeie seisoen agter die rug en kon daarin slaag om tot die halfeindstryd in die Super A-liga van die SWD deurgedring.
Voormalige afrigter van die Arende, Johan Lerm, was die gasspreker.
Lerm het in sy toespraak die klub gelukgewens met 'n uitstekende 2024-seisoen en hulle aangemoedig om nog harder te werk en die ligabeker in 2025 huis toe te bring.
Toekennings
Die heelagter, Dehovinne Johannes, is as die klub se Senior Sportman van die Jaar vir 2024 aangewys, terwyl El-therin Meintjies die toekenning vir Junior Sportman van die Jaar 2024 ontvang het.
Johannes is ook aangewys as die Spelers se Speler van die Jaar 2024 en het 'n toekenning ontvang vir die speler wat die afgelope seisoen die meeste drieë gedruk het.
Marshal Prins is aangewys as die A-span se Beste Voorspeler van die Jaar 2024 en Willem Jaftha is as die Beste Agterspeler van die Jaar 2024 benoem. Ethan Myners is aangewys as die mees ontwikkelende speler en Ashwim Lucas is benoem as Speler van die Jaar 2024.
Behalwe die verering van spelers is spesiale toekennings ook aan ampsdraers toegeken.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’