OUDTSHOORN NUUS - Bridgton (60), Evergreens (57) en Barbarians (55) sal sake in die oorblywende twee SWD-Premierliga-wedstryde moet uitspook vir 'n plek in 'n semi-finaal.
Dit volg na Progress Saterdagmiddag op die Rosemoor-sportterrein 'n tuis semi-finaal in die SWD Premierliga bespreek.
Die tuisspan het vier pragdrieë gedruk in hul oorwinning van 26-22 oor die verdedigende kampioenspan, Evergreens.
Progress, het vanjaar 15 van sy 16 wedstryde gewen.
Die klubrugbyprogram in die SWD Premierliga vir Saterdag 5 Augustus (tuisspan eerste genoem) is:
Maori's teen Bridgton
Groot-Brakrivier teen Silver Stars
Progress teen Crusaders
Barbarians teen NMMU
Blanco teen Evergreens
Presidentsliga
Collegians teen Spring Roses
Beaufort-Wes teen Harlequins
Willing Hearts teen Dysselsdorp
Uniondale teen Willomore
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'