OUDTSHOORN NUUS - Adriaan Booysen was die afgelope naweek Bridgton-rugbyklub se groot held in hul SWD Premierliga-oorwinning van 12-5 teen Barbarians in Mosselbaai. Booysen het op sy gebruiklike los-skakelposisie uitgedraf en al sy span se punte aangeteken met twee drieë en 'n doelskop.
Hierdie oorwinning is welkome punte vir die manne in maroen nadat hulle verlede week in hul eerste ligawedstryd van die jaar op die Bridgton-sportterrein met 30-29 teen Evergreens van George vasgeval het.
• In nog rugbynuus het Collegians vir Spring Roses in 'n SWD Presidents-ligawedstryd op die Bridgton-sportterrein met 31-24 geklop.
Vir Collegians het Shurvern Slinger, Danton Strydom, Prinshane Carolus elk 'n drie gedruk. Carolus was ook suksesvol met twee doelskoppe, drie strafskoppe en 'n skepskop.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'