RUGBYNUUS - Die Bridgton-rugbyklub se A-span is 'n stappie nader aan die Super Liga-A uitspeelwedstryde na hul oorwinning van 30 - 22 teen die Mosselbaai Barbarians Saterdag 12 Augustus op die Barbarians se tuisveld.
Die A-span lê nou vyfde op die punteleer met vyf wedstryde in die seisoen oor.
Die B- en C-spanne het egter nie so goed gevaar nie.
Bridgton se B-span het 20 - 32 terwyl hul C-span naelskraap met 17 - 18 verloor het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’