OUDTSHOORN NUUS - Bridgton-rugbyklub het onlangs hul spelers by die Toekomsrus - gemeenskapsaal tydens 'n galafunksie vereer.
Tydens dieselfde geleentheid is die klub se nuwe afrigter ook aangewys. Jolan Saptou is aangewys as die klub se sportman van die jaar, terwyl Willem Jaftha die spelers se speler van die jaar toekenning ingepalm het.
Die klub het vanjaar redelik goed gevaar in die Super A-liga en het die uitspeelrondes net-net gemis deur in die topvyf te eindig. Micheal Eksteen, voormalige SWD-krieketkeurder was die gasspreker vir die aand met ds. André Boezak wat die aand op gepaste wyse begin het.
Raadslid James du Preez het Oudtshoorn-burgemeester, Chris Macpherson verteenwoordig. Du Preez het in sy spreekbeurt gesê dat gemeenskappe gebuk gaan onder geweldige sosio-ekonomiese uitdagings en dat dit 'n groot invloed op die jeug het.
"Juis daarom is die rol van sport in ons gemeenskappe van kardinale belang. Bridgton is 'n klub waarna baie jong spelers stroom en as sulks, rus daar 'n geweldige veranTwoordelikheid op die bestuur en afrigters van 'n klub wat groot aansien in die dorp het. Die onlangse dood van Boutros May tesame met die wydgepubliseerde hartseer van Oudtshoorn, het dit duidelik gewys dat sport, rolmodelle kweek wat baie belangrik vir ons gemeenskappe is. Elke jongmens wat deur die klub geakkommodeer word, is 'n jongmens wat 'n rede en sin vir die lewe gekry het," het Du Preez gesê.
Die waarnemende voorsitter van die klub, Jason Abrahams, het op sy beurt al die spelers teenwoordig bedank vir hul lojaliteit en toegewydheid.
Ook die klub se pom-pom-meisies is deur Abrahams uitgesonder vir die nuwe dimensie en energie wat hulle week op week na die veld gebring het.
Hennie Baartman het namens die klub 'n geskenk oorhandig aan die uitgaande afrigter, Stanley Kruger, onder wie die klub vanjaar groot sukses behaal het.
Die spelers wat vereer is, is as volg:
- Duwayne le Roux - Junior sportman van die jaar
- Wayne Jullies - Beste voorspeler van die A-span
- Craig Ellis - Beste agterspeler van die -span
- Atheano Motholla - Beste voorspeler van B-span
- Jade Taute - B-span-agterspeler van die jaar
- Marshall Prins - B-span speler van die jaar
- Keanu Jullies - C-span voorspeler van die jaar
- Dillon Loggenberg - C-span-agterspeler van die jaar
- Lee Henry Meyer - C-span speler van die jaar
- Provinsiale Toekenning:
- Eugene Booysen (WP en SA Korrektiewe Dienste)
SWD-uitnodigingspan:
- Tyrese Pietersen
- Aiden Pretorius
- Craig Ellis
- Everton Manewil
- Hugh-Jay Strydom
- Anver Venter
- Charleston Everts
- Willem Jaftha
SWD o. 21:
- Kaleb Olislager
- Ell Dee Wildeman
- Zano-Lee Jonkers
- Clifton Wonderlik
- Timothy Prins
- Duwayne Le Roux
- Jayden Moos
- Sergio October
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’