OUDTSHOORN NUUS - Drie spanne van Bridgton het die afgelope Saterdag die kampioene van die Premierliga, Progress, op hul tuisveld in vriendskaplike wedstryde aangevat.
Die vriendskaplike wedstryde volg twee weke na Bridgton hul proewe op die Bridgton-sporgronde gespeel het.
Bridgton se voorsitter, Benito Metembo, het gesê die wedstryde het in goeie gees plaasgevind. Al het ons eerste twee spanne verloor, lyk dinge vir Bridgton-rugby rooskleurig. Dit het nie oor die tellings gegaan nie, maar gedien as voorbereiding vir die seisoen wat op hande is."
Bridgton sal Saterdag teen Blanco in nog 'n voorbereidingswedstryd speel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'