RUGBYNUUS - Bridgton-rugbyklub het gister, Saterdag 17 Junie, 'n oortuigende oorwinning van 39-20 in die Super A-liga oor Maori's behaal.
Die wedstryd was by die Oudtshoorn-sportgronde (REC) gespeel en was die laaste wedstryd van die eerste rondte van diè liga.
Die tuisspan se B-span was ook met 41-38 aan die wenkant. Die C-span was ook met 31-13 baas.
Bridgton se volgende wedstryd is 1 Julie teen George-rugbyklub op George.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’