OUDTSHOORN NUUS - Bridgton-rugbyklub het vanmiddag, 4 Februarie, in 'n vriendskaplike wedstryd Blanco van George oortuigend met 24-8 met die kous oor die kop huis toe gestuur.
Charlie Ewerts, Jonathan Meyer, Jayde Taute en Willem Japhta het die tuisspan se drieë gedruk. Taute het ook twee doelskoppe oorgeklits.
Die rustydtelling was 8-5 in Blanco se guns.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'