OUDTSHOORN SPORTNUUS - Alhoewel Bridgton-rugbyklub se A-span gister, 4 Maart teen Evergreens in 'n vriendskaplike wedstryd met 22-14 die onderspit gedelf het, is die afrigter van die maroentruie Stanley Kruger, positief oor die pad vorentoe.
Kruger merk op dat die telling 'n tawwe stryd reflekteer en dat die wedstryd enige kant toe kon geswaai het as strategiese besluitneming en verbroude kanse in ag geneem word.
Volgens Kruger het hy ook vyf sleuterspelers gemis en gebruik hy dit nie as verskoning nie, maar as 'n aansporing dat sy troepe bewys het dat daar diepte in die span is waarop voortgebou kan word.
Bridgton se B-span het 21-16 gewen, terwyl hul C-span net-net met 8-7 vasgeval het.
Bridgton se SWD Super A-liga-seisoen begin amptelik op 18 Maart teen Jaquars in Plettenbergbaai.
Lees meer in volgende week se uitgawe vir verdere wedstrydontleding van hierdie wedstryd.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'