OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Negetienjarige jongeling van Oudtshoorn trek vanjaar 'n Blou Bul-trui oor sy kop.
Curtley (Curt) Prins, tans 'n eerstejaarstudent in regte in Pretoria, se pa, Patrick Blaauw is breëbors nadat sy seun vir die o.19 Blou Bul-rugbyspan gekies is.
"Ons is ongelooflik trots op hom. Hy het vir die eerste keer in graad 6 Craven Week-rugby gespeel en is elke jaar daarna weer gekies," vertel Patrick.
Op skool het hy akademies ook goed presteer en matriek met 'n B-gemiddeld geslaag.
Lees Vrydag meer in die Oudtshoorn Courant, en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'