“En as die Bokke die bal het, skree ek vir hulle. As my seun die bal het, skree ek vir hom,” lag die akteur Ben Kruger (58), wat in onder meer Binnelanders te sien is.
Sy jongste spruit, Niku (24), gaan in die Wêreldbeker-rugbytoernooi vir die Amerikaanse Eagles-span uitdraf teen die groen-en-goud.