OUDTSHOORN NUUS - Fernando Arendse is aangewys as die Oudtshoorn-rugbyklub se sportman van die jaar.
Die klub wat die SWD-rugbyunie Karoo-liga gewen het en sodoende na die presidentsliga opskuif, het Saterdag 7 Oktober hul spelers vereer tydens hul jaareindfunksie.
Ferdie van Rensburg, voorsitter van die klub het die spelers gelukgewens met hul 18 oorwinnings uit 19 wedstryde. "Dit het harde werk ge-verg. Ons suksesverhaal begin toe ons reeds op 3 Januarie begin oefen het en so vriendskaplike wedstryde kon speel voor die liga begin het.
Julle het almal baie ingesit, opgeoffer en het nooit opgegee nie."
Van Rensburg het Emile Lamprecht, die hoof-afrigter, geloof vir sy afrigtingsvernuf. "Jy het vroeg in die seisoen spelers in sleutel posisies verloor en moes spelers uit posisie speel en afrig.
Dit verg baie geduld en motivering, maar jy hy dit perfek gedoen. Jy het gesorg dat die klub elke Saterdag 'n kompeterende span op die veld kon sit met oorgenoeg selfvertroue om te weet wat ook al gebeur, ons kan wen."
Hy het dit as 'n trotse ervaring beskryf om die Oudtshoorn-rugbyklub se trui te dra.
Trofee en sertifikaatwenners:
- Sportman van die jaar - Fernando Arendse
- Voorspeler van die jaar - Nathan Stoffels
- Agterspeler van die jaar - Fredwill Hendricks
- Leierskap - Jaco Marx
- Voor en agterspeler (gekombineerd) - Giavani Forbes
- Meeste punte - Anru Tolken
- Meeste drieë - Ruan Tolken
- Beste vordering - Mika Meyer
- Beste sportmangees - Utrecht Olkers
- Besonderse diens - Marius Saptouw
- Netjiesste speler - Lluwellyn Lakay
- Deursettingsvermoë - Marsilino Booysen
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'