OUDTSHOORN NUUS - All Black-rugbyklub se eerste span het Collegians met 41-22 gewen. Hul tweede span het 13 elk gelykop gespeel teen Collegians.
Die wedstryd het Saterdag 30 Junie op die Plate plaasgevind as deel van die SWD-Presidentsliga se Karooliga.
All Blacks speel Saterdag 7 Julie teen Beaufort-Wes in 'n wegwedstryd.
Damon Gysman, voorsitter van All Blacks, is baie positief dat hulle as wenners sal terugkeer. "Die manne is positief en het gedissiplineerd begin speel. Ons voor- en agterspelers speel nou goed saam.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'