OUDTSHOORN NUUS - All Blacks-rugbyklub se A-span het die afgelope naweek hul eweknieë van Prins Albert-rugbyklub in 'n Superliga B-wedstryd met 37 -17 geklop.
Vir die manne in swart het die vleuel Nathan Baartman (twee), Duwayne Januarie (heelagter) en Everton Manewil (slot) drieë gedruk.
Thiren Stoffels (losskakel) was suksesvol met vier doelskoppe en drie strafskoppe.
All Blacks se volgende wedstryd is Saterdag teen Seagulls van Stilbaai by die Bridgton-sportterrein.
In nog 'n Superliga B-wedstryd het Collegians op sy beurt Mosselbaai in 'n wegwedstryd met 53 - 19 oorrompel.
Hul B-span was ook met 27 - 12 aan die wenkant.
Bridgton se A-span het in hul Superliga A-wedstryd verlede naweek teen Crusaders met 26 - 6 in George vasgeval. Bridgton se volgende wedstryd is Saterdag by die Oudtshoorn-sportterrein teen Crusaders.
Die seëvierende Collegians-span.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'