OUDTSHOORN NUUS - Adias-rugbyklub se A-span het die afgelope naweek in 'n taai plaaslike derby teen Oudtshoorn-rugbyklub in 'n Superliga B-Oos-wedstryd met 15 - 13 geseëvier.
Die wedstryd is by die Bridgton-sportterrein gespeel met die span van Volmoed wat teen rustyd met 3 - 6 agter was.
Adias het egter in die tweede helfte twee drieë (Francois Gelderblom-heelagter) teenoor Oudtshoorn se een gedruk wat uiteindelik die verskil was tussen die twee spanne. Adias se ervare vleuel, Charlton Prinsloo, was suksesvol met een doelskop en een strafskop.
In 'n Superliga A-wedstryd het Bridgton vir Maoris van George op die Bridgton-sportterrein met 28 - 18 geklop. Hul B-span was met 29 - 10 baas, terwyl die C-span ook met 'n oorwinning van 3 - 0 weggestap het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'