TUINROETE NUUS - Johan Windt (66) van Mosselbaai het gister 'n nuwe SA rekord by die Interprovinsiale-tweekamp in die Meesters-afdeling opgestel.
In die proses het hy 'n goue medalje gewen, en hakskene vir verlede jaar se wenner Michael Forbes gewys.
Volgens Windt, wat Eden verteenwoordig het, het hy drie jaar gelede die eerste keer die SA rekord syne gemaak voordat Forbes dit verlede jaar verbeter het.
"Daar is geen manier dat 'n ou voor die tyd kan weet of jy gaan seevier in jou afdeling nie omdat die puntestelsel so gekompliseerd is, en vir daardie rede was ek nogal aangenaam verras toe my naam as die algehele wenner en nuwe SA rekordhouer uitgeroep was."
"Krediet moet veral aan my vrou (Marita) gaan vir die opofferinge oor die jare en vir haar begrip dat tweekamp my passie is," het Windt gese.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'