OUDTSHOORN NUUS - Die Wicit Six-potspelspan van die Wicit Sportkroeg, het die jaar onoorwonne afgesluit toe hulle die gedugte Underdogs in ‘n spannende wedstryd met 13-12 geklop het.
Die Underdogs het oorgehaal gekom om die bordjies te verhang en so byna daarin geslaag.
Wicit Six was na die vierde ronde met 11-9 voor nadat elke span twee rondes gewen het.
Nadat die tuisspan die eerste twee wedstryde in die vyfde ronde gewen het, was die oorwinning in die sakkie.
Stanley Claassen was die wenspan se groot uitblinker van die dag, terwyl Charlton Grootboom die besoekers se uitblinker was.
Die wedstryd is in ‘n baie goeie gees gespeel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’