OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse landelike spele wat deur die Wes-Kaapse departement van kultuur- en sport aangebied word, het Saterdag by die Bridgton-sportterrein plaasgevind met spanne van die Weskus, Overberg, Sentraal Karoo, Metro, Eden streek en Kaapse Wynlande wat deelgeneem het.
Elke streek se span het uit 'n 100 leerders bestaan wat in sokker, rugby, atletiek en netbal meegeding het.
Die doel van die spele is om landelike sportleerders 'n geleentheid te gee om op 'n kompeterende vlak mee te ding.
Die plaaslike orkes, House of Entertainment het regdeur die dag vermaak verskaf. Ebenezer Titus, vryskutfotograaf, het die aksie afgeneem.
Hierdie sokkerspeler maak gereed om die bal skop.
'n Netbalspeler raap die bal uit die lug.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'