Volgens Williamson is sy tans hier om voor te berei vir die Cape Epic bergfietstoer later vanjaar. Dit is algemeen vir ryers van die noordelike halfrond om gedurende hulle winter hier in Suid-Afrika te kom oefen.
Wiiliamson is ook 'n bedrewe padfietsryer en het al aan verskeie padfietswedrenne in Europa deelgeneem en 'n hele aantal gewen.