OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-rolbalklub het Saterdag tydens 'n taai rondomtalie reeks wedstryde die klub se vierekampioene vir 2018 bepaal.
Die wenspan in die mansafdeling is Jerome Bezuidenhout, Gertjie Bekker (skipper), Danie Bosman en Herman Marais.
Die span het hulle opponente in winderige toestande op die laaste kop in die eindronde geklop. Die vrouewenners is Helena Wagener, Hanette Bekker (skipper), Susan Maree en Myrtle Erasmus. Hulle het in 'n naelbytwedstryd, met 'n enkele punt in die laaste ronde met hulle opponente afgereken.
Die viere-manskampioene is, van links: Jerome Bezuidenhout, Gertjie Bekker (skipper), Danie Bosman en Herman Marais.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'