OUDTSHOORN SPORTNUUS - Bert Verlinde en Joenie Conradie is onlangs as die mans- en vrouewenners van die Klein-Karoo Dust 4 Glory-hindernisbaanuitdaging gekroon wat by Wilgewandel gehou is.
Albei was ook wenners van die 2019-Klein Karoo Dust 4 Glory-uitdaging.
Volgens die organiseerder, Pienaar Muller, was vanjaar weereens 'n opwindende ervaring omdat die deelnemers 'n paar interessante en uitmergelende hindernisse op pad na die eindstreep moes baasraak.
"Dit was voorwaar 'n heerlike naweek gekenmerk deur 'n wonderlike atmosfeer en uitstekende organisasie terwyl gesinne, korporatiewe groepe en skoliere met mekaar meegeding het in verskillende hindernis kategorieë.
Atlete, hul families en vriende het van oor Suid-Afrika gereis om deel te neem aan hierdie sportgeleentheid.
Selfs die ongure weer van die naweek kon die geesdrif van al die deelnemers en toeskouers nie demp nie."
Pienaar het ook die borge bedank en bevestig dat volgende jaar se Klein Karoo Dust 4 Glory Challenge op 22 Oktober sal plaasvind.
Joenie Conradie op pad wenstreep toe.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'