OUDTSHOORN NUUS - Louis Venter, graad 8 leerder van Langenhoven Gimnasium, het onlangs Wes-Kaapse fietsrykleure verwerf.
Dié span gaan in Juniemaand aan die SApadfietsrykampioenskappe in Durban deelneem.
Venter, het in sy kort fietsryloopbaan al baie vermag en spog tans met vyf 1ste plekke wat hy in die Eden xcm-reeks losgery het.
Hy kon ook daarin slaag om ‘n tweede plek in die reeks te behaal.
Hierdie talentvolle fietsryer is verseker een van die opkomende sterre in Oudtshoorn en sal fyn in die toekoms dopgehou moet word.
Venter word tans deur Serfie Serfontein, bekende ervare fietsryer op Oudtshoorn afgerig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'